Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter




Скачать 443.14 Kb.
НазваниеDr Carl Kirstein en prof fj potgieter
страница1/7
Дата29.10.2012
Размер443.14 Kb.
ТипДокументы
  1   2   3   4   5   6   7

PRAKTIESE ONDERWYS

STUDIEGIDS VIR

PRTC 422 A

*PRTC422A*

FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE



Studiegids saamgestel deur:

Dr Carl Kirstein en prof FJ Potgieter


Taalsorg 2009.

*Bladuitleg deur Elsabe Botha, graphikos.

Hantering van drukwerk en verspreiding deur Departement Logistiek (Verspreidingsentrum).

Gedruk deur Platinum Press (018) 299 4226.

Kopiereg  2010-uitgawe. Hersieningsdatum 2010.

Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier sonder skriftelike toestemming van die publiseerders weergegee word nie.


INHOUDSOPGAWE

Verwelkoming iv

Kontakbesonderhede iv

Rasionaal iv

Module-uitkomste iv

Assesseringstandaarde v

Tydsduur v

Studiemateriaal v

Kontaksessies v

Opdragte vi

Assessering vi

Hoe om die studiegids te gebruik vi

Jaarbeplanning vi

Aksiewerkwoorde viii

Studie-ikone x

Moduleplan xi

Waarskuwing teen plagiaat xiii

1 Algemene oriëntering ten opsigte van praktiese onderwys 1

2 Die herkoms en betekenis van die begrip “mentor” en ‘n beknopte geskiedenis van onderwysersopleidingsmentorskap in Suid-Afrika 3

3 Die eienskappe en funksies van ‘n onderwyseropleidings-mentor 9

4 Die plek en rol van die “coach” in onderwys­mentorskap 21

5 Die protégé se eienskappe en funksies en hoe dit tot die bereiking van sy/haar onderwys­bevoegdhede ontplooi behoort te word 35

6 Inligting aan skole/hoofde/mentor by skole waar studente hul praktiese onderwys doen 43



Verwelkoming

Welkom by die Praktiese Onderwys-module. Ons vertrou dat jy net soveel genot en persoonlike verryking uit dié studie sal kry as wat ons kry deur dit aan te bied. Daarby hoop ons dat jou onderrig sal baat sodra jy begin om die kennis, vaardighede en houdings te implementeer wat jy in dié module baasgeraak het.

Hierdie module is die vierde (en laaste voor jy in die praktyk sal staan) van ’n aantal modules rakende praktiese onderwys (PO) wat jy in die loop van jou kursus moet deurwerk. Ons is daarvan oortuig dat jy ’n aangename en hoogs suksesvolle onderwysloopbaan sal hê indien jy PO met die nodige erns en verantwoordelikheid benader. Dit is ook waar dat die oorgrootte meerderheid studente die PO-sessies as baie aangenaam ervaar.

Geniet die module!

Kontakbesonderhede

    Dr Carl Kirstein

    Fakulteit: Opvoedingswetenskappe

  • Tel: (018) 299 4768.

  • E-pos: carl.kirstein@nwu.ac.za

  • Gebou: C6 Kantoor 244

Rasionaal

Die skrywer en aanbieder van die module vertrou dat jy, na die voltooiing hiervan, die belangrikheid van mentorskap in jou klaskamer sal insien en dat jy ʼn doeltreffender mentor vir die leerders sal wees asook vir toekomstige studente wat by jou om praktiese ervaring kom aanklop.

Module-uitkomste

Na afloop van hierdie module behoort studente:

  • Oor grondige kennis van die voorskrifte vir die jaarprogram, administrasie en gedragsriglyne vir die PO-sessies van die vierde jaar te beskik en daarvolgens te kan optree;

  • te kan reflekteer op die verloop van die PO-sessies en sinvolle besluite op grond van die refleksie te kan neem;

  • kennis te dra van die basiese vereistes wat aan ʼn mentor by die skool (in die klas en buitemuurs) gestel word;

  • in alle omstandighede eties verantwoordelik en waardegedrewe te kan optree op ʼn vlak soos wat van ʼn vierdejaarstudent verwag word (SARO se gedragskode moet die grondslag vorm vir elke student se doen en late op kampus sowel as gedurende die PO); en

  • by SARO te registreer.



Assesseringstandaarde

Studente sal verwerwing van bogenoemde uitkomste demonstreer wanneer hulle:

  • Aan alle nodige organisatoriese vereistes voldoen het soos wat in die vierdejaarprogram vir praktiese onderwys aan hulle gestel word;

  • agt of meer lesse met die hulp en onder toesig van die onderwyser-mentor beplan en tot bevrediging van die hoof (die mentor is die hoof se verteenwoordiger) aangebied het;

  • drie of meer lesse deur portuur (medestudente) laat assesseer het en, indien dit nie moontlik is nie, 10 lesse wat deur die onderwyser aangebied is, waargeneem het;

  • twee lesse gedurende die eerste semester deur ʼn dosent laat evalueer het;

  • vir twee volle dae die klasaktiwiteite behartig het;

  • tot die hoof se bevrediging verantwoordelikheid kon neem vir die stigting van ʼn klasklimaat wat onderrig en leer in die hand werk;

  • met die hulp en onder toesig van ʼn onderwyser, die onderwyser tot die bevrediging van die hoof in die klaskamer, op die speelgronde en tydens buitemuurse aktiwiteite met sy/haar daaglikse take kon bystaan (vergelyk die vereiste insigte en vaardighede soos in alle modules ten opsigte van die sewe rolle van die onderwyser gestel);

  • positief en tot bevrediging van die hoof gereageer het op die hulp en begeleiding wat deur onderwysers/mentors aangebied is; en

  • insig en vaardighede ten opsigte van die module suksesvol in die klas (mondeling en/of skriftelik) kan demonstreer.

Tydsduur

Leereenhede sal tydens die eerste en tweede semester in 20 kontakperiodes deurgewerk word.

Hierdie 20 periodes sluit kontaktyd, leeswerk, navorsing en skryf van werkopdragte in.

Studiemateriaal

Studiegids

PR-vorms: Verkrygbaar van Platinum Press

    Leerwyse: Gesprekke met personeel tydens PO oor die temas wat in die klas bespreek is.

Kontaksessies

Die praktiese onderwyssessies wat jy deur die loop van jou vierjaarlange studie moet bywoon, is van die belangrikste aspekte van jou opleiding. Let ook daarop dat dit ʼn verpligte faset van die opleiding is. (Indien afwesig tydens PO, moet die dae ingewerk word.) Omdat die werk wat jy in die module gaan doen daarop gemik is om jou vir die praktiese onderwyssessies, en dus uiteindelik vir die praktyk van die onderwysberoep, voor te berei, is dit uiters belangrik dat jy alle kontaksessies bywoon. Benewens die hantering van enkele teoretiese sake, word prosedures verduidelik, vorms voorberei, opnames gemaak, nagedink oor praktiese sessies, ensovoorts. As jy dus nie die periodes bywoon nie, is die kanse goed dat jy baie dinge nie gaan verstaan nie of dat jy dalk belangrike organisatoriese inligting en stappe gaan misloop, en dan die gevaar loop om nie vir PRTC 422 “gekrediteer ” te word nie.

Opdragte

Daar word van jou verwag om die werkopdragte selfstandig vir evaluering te voltooi. Geen opdragte word na sperdatums aanvaar nie. Alle opdragte word by die betrokke dosent, of soos gereël, ingehandig.

ʼn Portefeulje moet na die April praktiese onderwys ingedien word.

Indien jy nie ’n opdrag op die bepaalde datum kan inhandig nie, moet jy die nodige skriftelike verskoning of doktersbrief (persoonlik en nie onder die deur gepos nie) binne 48 uur by kantoor 244, C6-gebou in dien.

Indien jy nalaat om dit te doen, sal jy GEEN KREDIET ontvang nie.

Teken die belangrikste datums van die jaar (soos in die klas bepaal) in jou studiegids aan.

Assessering

  • Die module word op die basis van “KREDIET” en “GEEN KREDIET” geëvalueer.

  • PRTC 422 se “KREDIET” en “GEEN KREDIET” berus op die volgende:

  • Inhandiging van alle PO-vorms (albei semesters);

  • inhandiging van portefeulje aan die einde van die eerste praktiese onderwys;

  • inhandiging van werkstuk oor mentorskap; en

  • nasien van ten minste twee tweedejaar-joernale.

Om te slaag, moet jy in alle bogenoemde afdelings GEKREDITEER (“K”) word.

Hoe om die studiegids te gebruik

  • Lees elke leereenheid sorgvuldig deur en beplan volgens die tydskedule.

  • Lees die module-uitkomste en spesifiek die uitkomste wat vir elke leereenheid geformuleer is.

  • Die leereenheid-uitkomste dui aan wat jy aan die einde van elke leereenheid moet kan doen.

Jaarbeplanning

    PO-vorms, -opdragte, en -portefeulje moet in die periode soos aangedui op die jaarbeplanning ingehandig word.

Belangrike datums vir die jaar:

My klasperiode in die 1e semester:

My klasperiode in die 2e semester:

Datums vir praktiese onderwys:

12 April tot 30 April 2010

30 Augustus tot 23 September 2010

BEPLANNING VIR PRTC 422: 2010

WEEK

DATUM

AKTIWITEIT




1ste SEMESTER 2010 (dae)




1

1 – 5 Februarie 2010 (5)

Algemene oriëntering en registrasie

2

8 – 12 Februarie 2010 (5)

Algemene oriëntering en Leereenheid 1

3

15 – 19 Februarie 2010 (5)

Handig PR-vorms in

4

22 – 26 Februarie 2010 (5)

Leereenheid 1

5

1 – 5 Maart 2010 (5)

Leereenheid 2

6

8 – 12 Maart 2010 (5)

Leereenheid 2

7

15 – 19 Maart 2010 (5)

Leereenheid 3 en Nasien van PO-joernaal van tweedejaars

8

23 – 26 Maart 2010 (4)

Leereenheid 6

9

29 – 31 Maart 2010 (3)

Moets en moenies en handig joernaalpunte in




1April – 5 April 2010

VAKANSIE




12 April tot 30 April 2010

PRAKTIESE ONDERWYS

1

3 – 7 Mei 2010 (5)

Handig PR 22, 23, 24 25 en Portefeulje in

2

10 – 12 Mei 2010 (3)

Leereenheid 3




13 Mei – 2 Junie 2010

EKSAMEN




3 Junie – 17 Julie 2010

VAKANSIE




2de SEMESTER 2010




1

19 – 23 Julie 2010 (5)

Leereenheid 4

2

26 – 30 Julie 2010 (5)

Leereenheid 5

3

2 – 6 Augustus 2010 (5)

Leereenheid 5

4

10 – 13 Augustus 2010 (4)

Refleksie oor mentorskap

5

16 – 20 Augustus 2010 ( 5)

Handig PR 02-vorms in

6

23 – 27 Augustus 2010 (5)

Moets en moenies vir PO




30 Augustus tot 23 September 2010

PRAKTIESE ONDERWYS

Gekontroleer




25 September – 3 Oktober 2010

VAKANSIE

7

13 – 17 September 2010 (5)

Handig PR 22, 23, 24 25 in

8

11 – 15 Oktober 2010 (5)

Refleksie oor jaar se werk

9

18 – 22 Oktober 2010 (5)

Refleksie van jaar se werk




26 Oktober – 11 November 2010

EKSAMEN



Aksiewerkwoorde

Die aksiewerkwoorde word ingesluit ter wille van duidelikheid oor wat van jou as student verwag word. Bestudeer hulle asseblief en maak seker dat jy elkeen se betekenis ken.

  • Analiseer

Identifiseer dele of elemente van ʼn konsep en beskryf hulle een na die ander.

VOORBEELD: Analiseer die tipes vrae wat in ʼn les gebruik is.

  • Vergelyk

Dui ooreenkomste (dinge wat dieselfde is) en verskille tussen voorwerpe, idees of sienings aan. Die woord ‘kontras’ kan ook gebruik word. Wanneer jy twee of meer voorwerpe vergelyk, behoort dit stelselmatig gedoen te word deur een aspek op ʼn keer af te handel. Dit is beter om dit in jou eie woorde te doen.

VOORBEELD: Vergelyk vrae vir “vinnige” leerders met die vir “stadige” leerders.

  • Kritiseer

Dit beteken jy moet aandui of jy saamstem met of verskil van ʼn sekere stelling of beskouing. Jy behoort dan te beskryf waarmee jy saamstem of waarvan jy verskil. Jy moet redes vir jou standpunt gee.

VOORBEELD: Skryf kritiese kommentaar oor die rol van die onderwyser as klimaatskepper.

  • Definieer

Gee die presiese betekenis van iets; definisies moet dikwels woord vir woord geleer word.

VOORBEELD: Definieer die konsep kommunikasievrees.

  • Demonstreer

Bespreek en sluit voorbeelde in. Jy moet bewys lewer dat jy verstaan hoe ʼn proses werk of hoe ʼn konsep in werklike situasies van toepassing is.

VOORBEELD: Gee ʼn geskrewe demonstrasie van gepaste luistervaardighede.

  • Beskryf

Sê presies wat iets is. Gee ʼn weergawe van die kenmerke of aard van iets; verduidelik hoe iets werk. Geen mening of beredenering is nodig nie.

VOORBEELD: Beskryf die kenmerke van goeie onderrigvrae.

  • Bespreek

Lewer in jou eie woorde kommentaar oor iets. Dit is dikwels nodig om twee sienings of verskillende moontlikhede te debatteer.

VOORBEELD: Bespreek psigososiale aspekte as determinant van klasklimaat.

  • Onderskei

Dui die verskille tussen voorwerpe, verskillende idees of sienings aan. Gewoonlik moet jy jou eie woorde gebruik.

VOORBEELD: Onderskei tussen die verskillende denkvlakke soos deur Bloom beskryf.

  • Opstel

ʼn Omvattende beskrywing van ʼn onderwerp is nodig.

VOORBEELD: Skryf ʼn opstel oor bestuursmatige aspekte as determinant van klasklimaat.

  • Voorbeeld

ʼn Praktiese illustrasie van ʼn konsep is nodig.

VOORBEELD: Gee ʼn voorbeeld van ʼn vraag op die denkvlak van evaluering.

  • Verduidelik

Verklaar of gee redes vir iets, gewoonlik in jou eie woorde. Jy moet bewys dat jy die inhoud begryp. Dit kan nuttig wees om voorbeelde of illustrasies te gebruik.

VOORBEELD: Verduidelik die volgende:

Oop vrae

Geslote vrae

  • Identifiseer

Gee die essensiële kenmerke of aspekte van ʼn verskynsel.

VOORBEELD: Identifiseer die kenmerke van goeie onderrigvrae.

  • Illustreer

Teken ʼn diagram of skets waardeur jy ʼn verskynsel of idee voorstel of maak iets duidelik deur middel van voorbeelde.

VOORBEELD: Teken ʼn diagram om klaskamerkommunikasie te verduidelik of verduidelik die rol van die leerder as determinant van klasklimaat en illustreer met praktykvoorbeelde.

  • Lys

Verskaf bloot ʼn lys van name, feite of items waarvoor gevra is.

VOORBEELD: Lys die oorsake van kommunikasievrees.

  • Motiveer

Jy behoort ʼn verduideliking te gee van die redes vir jou stellings of sienings. Probeer die leser oortuig van jou standpunt.

VOORBEELD: Waarom word die onderwyser as die belangrikste determinant van klasklimaat beskou? Motiveer jou sienings.

  • Noem of vermeld

Beskryf kortliks sonder om detail te gee.

VOORBEELD: Noem die determinante van klasklimaat.

  • Skets

Beklemtoon die vernaamste kenmerke, strukture of algemene beginsels van ʼn onderwerp en laat minder belangrike besonderhede weg. Ietwat meer gegewens as in die geval van benoeming, die opstel van ʼn lys of die stel van inligting is nodig.

VOORBEELD: Skets die hoofkenmerke van kommunikasievrees.

  • Stel

Verskaf die gevraagde inligting sonder om dit te bespreek.

VOORBEELD: Stel die invloed van kommunikasievrees op onderrig en leer.

  • Som op

Verskaf ʼn gestruktureerde oorsig van die vernaamste aspekte van ʼn onderwerp; dit moet altyd in jou eie woorde gedoen word.

VOORBEELD: Gee ʼn opsomming van die kernkenmerke van klasklimaat.

  • Formuleer

Om sistematies uiteen te sit.

VOORBEELD: Formuleer omskrywings van die verskillende tipes kommunikasievrees.

Studie-ikone



Belangrike inligting



Algemene oorsig



Bestudeer die aangetoonde materiaal in die handboek/artikel, ensovoorts



Uitkomste



Werksopdrag



Geskatte studietyd

Moduleplan

MODULE

PRAKTIESE ONDERWYS

PRTC 422 A



LEEREENHEID 1

Administrasie en Organisasie van Praktiese Onderwys (PO)



LEEREENHEID 2

Die herkoms en betekenis van die begrip “mentor” en ʼn beknopte geskiedenis van mentorskap in Suid-Afrika




LEEREENHEID 3

Die eienskappe en funksies van ʼn onderwysersopleidingsmentorskap




LEEREENHEID 4

Die plek en rol van die “coach” in onderwysermentorskap



LEEREENHEID 5

Die protégé se eienskappe en funksie en hoe dit tot die bereiking van sy/haar onderwysbevoegdhede ontplooi behoort te word




LEEREENHEID 6

Skoledokumentasie




VEREISTES VIR PRAKTIESE ONDERWYS:



STUDENTE SE REËLINGS MET SKOLE

EERSTE SEMESTER

TWEEDE SEMESTER




VIERDEJAARS

Grondslag: Gr 0-3


INT/SNR: Gr 4-9


SNR/VOO: Gr 6-12


TECH: Gr 8-12


.

Grondslagfase-studente het reeds in hul derde jaar waarneming gedoen. Die ander studente reël self deur middel van PR O2A-vorm om twee weke in Januarie na ʼn goedgekeurde skool van hul keuse te gaan om waarneming te doen.

  • Gerigte waarneming van twee onderwyserlesse.

  • Aanbied van twee lesse wat deur onderwyser op voorgeskrewe vorm geassesseer word.



Vier weke in tweede kwartaal gekontroleerde PO; word by stelselskole geplaas vir tweede hoofvak.

  • Gerigte waarneming van ’n totaal van 10 lesse: sewe onderwyser- en drie portuurlesse (indien moontlik, anders 10 onderwyserlesse) op voorgeskrewe vorms – drie tot vier lesse per week.

  • Aanbied van agt lesse waarvan minstens twee in Engels moet wees wat deur onderwyser op voorgeskrewe vorm geassesseer word.

  • Twee kritlesse wat, waar moontlik, deur vakdidaktiek-dosent geassesseer word. Die klasonderwyser kan gevra word om in te sit.

  • Proefjoernaal moet daagliks by die skool wees.

  • Studente moet indien moontlik gedurende die laaste week van PO vir een tot twee dae volle dagprogramme hanteer.

Studente reël, met ’n PR 02A, self om in die tweede semester by enige skool van hul keuse vir vier weke ongekontroleerde praktiese onderwys te gaan doen. Die vorm moet voor die aanvang van PO in die derde kwartaal by die PRTC-dosent ingegee word.


Vier weke PO in derde kwartaal by skool van student se keuse

  • Gerigte waarneming van ’n totaal van 10 lesse: sewe onderwyser- en drie portuurlesse (indien moontlik, anders 10 onderwyserlesse) op voorgeskrewe vorms – drie tot vier lesse per week.

  • Aanbied van 10 lesse waarvan minstens twee in Engels moet wees wat deur onderwyser op die voorgeskrewe vorm geassesseer word.

  • Proefjoernaal moet daagliks by die skool wees.

  • Studente moet indien moontlik gedurende die laaste week van PO vir twee tot drie dae volle dagprogramme hanteer.

  • Verkies dat student by ten minste twee verskillende onderwysers in hulle vak/leerareas geplaas word.

Waarskuwing teen plagiaat



WERKSTUKKE IS INDIVIDUELE TAKE EN NIE GROEPAKTIWITEITE NIE (TENSY DIT UITDRUKLIK AANGEDUI WORD AS ‘N GROEPAKTIWITEIT)

Kopiëring van teks van ander leerders of uit ander bronne (byvoorbeeld die studiegids, voorgeskrewe studiemateriaal of regstreeks vanaf die Internet) is ontoelaatbaar – net kort aanhalings is toelaatbaar en slegs indien dit as sodanig aangedui word.

Jy moet bestaande teks herformuleer en jou eie woorde gebruik om te verduidelik wat jy gelees het. Dit is nie aanvaarbaar om bestaande teks/stof/inligting bloot oor te tik en die bron in 'n voetnoot te erken nie – jy behoort in staat te wees om die idee of begrip/konsep weer te gee sonder om die oorspronklike skrywer woordeliks te herhaal.

Die doel van die opdragte is nie die blote weergee van bestaande materiaal/stof nie, maar om vas te stel of jy oor die vermoë beskik om bestaande tekste te integreer, om jou eie interpretasie en/of kritiese beoordeling te formuleer en om 'n kreatiewe oplossing vir bestaande probleme te bied.

Wees gewaarsku: Studente wat gekopieerde teks indien, sal 'n nulpunt vir die opdrag ontvang en dissiplinêre stappe mag deur die Fakulteit en/of die Universiteit teen sodanige studente geneem word. Dit is ook onaanvaarbaar om iemand anders se werk vir hulle te doen of iemand anders in staat te stel om jou werk te kopieer – moet dus nie jou werk uitleen of aan ander beskikbaar stel nie!





  1   2   3   4   5   6   7

Похожие:

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconProf. Fj potgieter, Ms a becker, Ms sr simmonds

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconProf. Fj potgieter, Ms a becker, Ms sr simmonds

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconProf. Huaiwu Zhang Prof. Tseung-Yuen Tseng

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconProf Kobus du Pisani & Prof Johann Tempelhoff

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconProf. Dawie Malan / Prof. Anita Pienaar

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconProf. Dawie Malan / Prof. Anita Pienaar

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconDr. A. S. Guha Prof. K. V nagaraj, Prof. T. K. Thomas

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconAuthors: Mrs a de Wet, Dr/Adv em serfontein, Prof hj steyn, Dr L meyer, Prof pj mentz, Mrs n morake

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconPlano de ensino turma a e b 2005/ii conformação Mecânica (eng 6648) Plano de Aulas Prof. Lirio Schaeffer / Prof. Alexandre Rocha

Dr Carl Kirstein en prof fj potgieter iconEducational Preparation
[Investigating the localization of masked noise and speech signals in the horizontal plane by utilizing virtual sounds sources in...
Разместите кнопку на своём сайте:
Библиотека


База данных защищена авторским правом ©lib.znate.ru 2014
обратиться к администрации
Библиотека
Главная страница